Welcome to our media centre. Here you will find all the latest interviews, articles and resources to learn more about Eridanus. Have questions? You can reach out to us with your queries by contacting us on:
Email: info@eridanus.co.za
Tel: +27 (0)11 888 8604
Tel: +27 (0)11 888 8364
’n OMB-belegging is ’n beleggingsstrategie wat omgewings-, sosiale en bestuursfaktore (OMB) in ag neem. Bo en behalwe goeie finansiёle opbrengste, word daar ook gefokus op volhoubaarheid en etiese praktyke van die maatskappye waarin belê word.
Die ekologiese voetspoor en hoe ’n maatskappy omgewingsrisiko’s en -geleenthede bestuur, is ’n belangrike aspek van OMB-beleggings. Daar word onder andere gekyk na ’n maatskappy se water- en energieverbruik, besoedeling, die bestuur van afval en die bewaring van natuurlike hulpbronne.
Die maatskaplike aspek van OMB-beleggings het te make met die sosiale konteks waarin die maatskappy funksioneer. Die klem is op billike arbeidspraktyke en gesonde verhoudings. Dit is nie net verhoudings met werknemers wat ter sake is nie, maar ook die verhouding met verskaffers, kliёnte en die gemeenskappe waarbinne die maatskappy funksioneer. Is daar inklusiwiteit? Word pmenseregte gerespekteer? Is die maatskappy betrokke by die gemeenskap? Is die produkte veilig om te gebruik?
Die bestuurskomponent van OMB-beleggings verwys na die leierskap, uitvoerende vergoeding, oudits, interne beheermaatreëls en aandeelhouersregte van die maatskappy. Korporatiewe deursigtigheid, etiese sakepraktyke en streng teenkorrupsiemaatreëls is ook noodsaaklik.
Die doel van OMB-beleggings is om goeie finansiële opbrengste te verseker terwyl volhoubare en etiese praktyke bevorder word. En dit is presies wat Eridanus ten doel stel: om beleggers se kapitaal te laat groei en terselfdertyd ’n positiewe impak te maak op die Suid-Afrikaanse landbousektor en die omliggende gemeenskappe.
Met volhoubare boerdery as die oogmerk, probeer Eridanus altyd om die boer, die plaas en die gemeenskap in ’n beter posisie te laat as wat hulle was.
Omdat Eridanus ’n positiewe impak wil maak op die Suid-Afrikaanse landbousektor, is die stigters ook betrokke by die nie-winsgewende organisasie Farm Rescue.
Die Farm Rescue-bystandsfonds verskaf regs en finansiële advies aan Suid-Afrikaanse boere wat in finansiële of persoonlike nood verkeer. Dit word gedoen deur kwalifiserende boere van kostelose advies te voorsien, wat hulle in staat stel om hulle plase te behou. Sodoende word boere en plaaswerkers se inkomste en behuising beskerm.
Boere kan ook toerusting, en hulp vir plant- en oestyd bekom wanneer die behoefte hoog is en geen ander hulp beskikbaar is nie.
Eridanus Groen is een van Eridanus se finansiёle produkte en bied beleggers die geleentheid om in die hernubare energiesektor te belê. Die aanvraag vir beleggings in die hernubare energie sektor is baie hoog weens die reuse-energiekrisis in Suid-Afrika, wat natuurlik vererger word deur die dreigende ondergang van Eskom. Aangesien energieleweringsdienste noodsaaklik vir die ekonomie is, is die vraag daarna permanent en onbeperk. Dit skep ’n groot en volgehoue beleggingsgeleentheid in die landbousektor.
Eridanus Groen werk saam met ’n wye verskeidenheid bedryfdeskundiges om potensiële en kwalifiserende beleggingsprojekte te ondersoek en daarby betrokke te raak. Deur geskikte aandelebeheer, finansiële beheer en bestuurstoesig te verseker, kan Eridanus Groen risiko minimaliseer en opbrengste vir beleggers maksimeer.
Eridanus bied puik geleenthede vir beleggers wat OMB-doelwitte wil ondersteun maar steeds optimale kapitaalgroei wil sien. Kontak ons gerus vir meer inligting oor Eridanus se beleggingsopsies en dra by tot ’n meer volhoubare toekoms.
Eridanus
Eridanus is a niche investment company that provides investment opportunities in the agricultural sector.
© Copyright Eridanus VC1 Limited.