MEDIA
CENTRE

Media centre

Welcome to our media centre. Here you will find all the latest interviews, articles and resources to learn more about Eridanus. Have questions? You can reach out to us with your queries by contacting us on:

Email: info@eridanus.co.za

Tel: +27 (0)11 888 8604

Tel: +27 (0)11 888 8364

Eridanus LTD brochure

Eridanus Green brochure

Eridanus se twee sent oor die tweepot-aftreestelsel in Suid-Afrika

By Eridanus glo ons daarin om ons kliënte te bemagtig met die kennis en gereedskap om ingeligte besluite oor hul beleggings te neem. Daarom wil ons graag saam met jou kyk na wat die tweepot-stelsel behels, verduidelik waarom ons hierdie innoverende benadering ondersteun, en vertel hoe jy dit kan benut om jou aftreespaargeld te maksimeer.

Alhoewel Eridanus waardevolle beleggingsopsies bied om jou portefeulje te versterk, moedig ons jou sterk aan om advies by professionele finansiële adviseurs in te win oor besparing- en beleggingstrategieë wat by jou unieke omstandighede pas.

Wat is die tweepot-aftreestelsel?

Die tweepot-aftreestelsel is ’n verandering in Suid-Afrika se aftree-spaarraamwerk wat daarop gemik is om meer buigsaamheid en finansiële sekuriteit vir individue te bied. Hierdie stelsel verdeel aftreespaargeld in twee afsonderlike "potte" of rekeninge:

  • Die spaarpot: Hierdie gedeelte maak voorsiening vir ontrekkings voor aftrede, wat likiditeit – en sodoende ’n veiligheidsnet – bied in tye van finansiële nood.
  • Die aftreepot: Hierdie gedeelte word bewaar teen onttrekkings voor aftrede om te verseker dat fondse beskikbaar sal wees om jou deur jou aftreejare te dra.

’n Derde rekening, die gevestigde komponent, sal die aftreevoordele huisves wat deur die lid opgehoop is voor die implementeringsdatum van die nuwe beleid (1 September 2024) en sal steeds aanhou groei.

Die bekendstelling van die tweepot-stelsel is ’n strategiese skuif om die behoefte aan korttermyn finansiële buigsaamheid te balanseer met die langtermyn doel van finansiële sekuriteit tydens aftrede.

Lees gerus meer oor hierdie stelsel.

Waarom Eridanus die tweepot-stelsel ondersteun

By Eridanus beskou ons die tweepot-stelsel as ’n belangrike vooruitgang in aftreebeplanning. Dit het die potensiaal om beleggingsopbrengste te verbeter en ’n gestruktureerde dog buigsame benadering tot aftreespaargeld te bied.

Tans beteken dit 9% na belasting of meer groei op ’n belegging – ver bo die groei van ’n gewone pensioenfonds. Ander lang- of mediumtermynbeleggings kan veel beter opbrengste lewer. Ons is dus van mening dat individue die aftreegeld wat hul kan onttrek binne die nuwe aftree-spaarraamwerk in ’n sterker belegging behoort te plaas. ’n Goeie beleggingsopbrengs kan rofweg bereken word as die inflasiekoers plus ten minste 2%. Tans beteken dit 9% of meer groei op ’n belegging – ver bo die groei van ’n gewone pensioenfonds. 

Hoe om die tweepot-stelsel tot jou voordeel te gebruik

Om die tweepot-aftreestelsel effektief te benut, verg ’n strategiese benadering. Hier is ’n paar stappe om te oorweeg:

  1. Verstaan jou finansiële behoeftes: Evalueer jou huidige finansiële situasie en toekomstige behoeftes. Bepaal hoeveel kapitaal jy beskikbaar wil hê vir noodsituasies en hoeveel bewaar moet word vir langtermyn-sekuriteit.
  2. Kry professionele advies: Gegewe die kompleksiteit van aftreebeplanning, is dit noodsaaklik om ’n gesertifiseerde finansiële adviseur te raadpleeg. ’n Finansiële adviseur kan jou help om die belastingimplikasies, onttrekkingslimiete en optimale beleggingsstrategieë vir altwee potte te verstaan.
  3. Strategiese beleggings: Ondersoek beleggingsopsies vir beide potte. Die spaarpot moet in relatiewe lae-risiko-, likiede bates belê word om te verseker dat fondse beskikbaar is wanneer dit benodig word. Die aftreepot kan daarenteen in hoër-opbrengs-, langtermynbates belê word om maksimale groei te verseker.

Eridanus se beleggingsopsies en die tweepot-stelsel

Eridanus bied beleggingsopsies in private ekwiteite in die landbousektor wat die opbrengs op jou aftreespaargeld kan optimaliseer. Met netto dividende van 10% tot 12,5% per jaar oortref ons die markkoers by verre.

Met hierdie: In ooreenstemming met ons medium konserwatiewe benadering verseker ons alle beleggings teen enige redelik voorsienbare risiko’s en belê ons in verskeie privaat ekwiteit landbou ondernemings. Beleggings in die landbousektor word verder beveilig deur die noodsaaklikheid van dié sektor in die land se ekonomiese aktiwiteite en die byna permanente vraag na ’n wye verskeidenheid landbouprodukte. Boonop belê ons slegs in boerderye en voedselverskaffingsentiteite wat ’n goeie rekord van winsgewendheid het.

Die tweepot-aftreestelsel bied ’n uitstekende geleentheid vir Suid-Afrikaners om beleggingsopsies te ontgin wat hul spaargeld kan maksimeer. En ’n uitkeerbare belegging by Eridanus is ’n besondere goeie opsie om jou spaarpot so vol en veilig as moontlik te maak vir ’n gerieflike aftrede asook voor-aftrede gebruik indien nodig.

Besoek Eridanus se webwerf of kontak ons vir meer inligting oor hoe om die tweepot-stelsel tot jou voordeel te gebruik. Saam kan ons ’n sterk en veilige aftreeplan bou én voedselsekuriteit verseker.

Eridanus

Eridanus is a niche investment company that provides investment opportunities in the agricultural sector.

Quick links

About
Strategy
Invest
Media

© Copyright Eridanus VC1 Limited.

>