MEDIA
CENTRE

Media centre

Welcome to our media centre. Here you will find all the latest interviews, articles and resources to learn more about Eridanus. Have questions? You can reach out to us with your queries by contacting us on:

Email: info@eridanus.co.za

Tel: +27 (0)11 888 8604

Tel: +27 (0)11 888 8364

Eridanus LTD brochure

Eridanus Green brochure

Dividende ontmoet diensbaarheid:
Impakbelegging in die landbousektor bevorder voedselsekuriteit en volhoubare boerdery

In die moderne wêreld van beleggings is daar min geleenthede wat ’n winsgewende opbrengs én ’n betekenisvolle bydrae tot die samelewing lewer. Eridanus, ’n impakbeleggingsmaatskappy wat in die landbousektor van Suid-Afrika spesialiseer, vervul hierdie unieke rol.

Die geboorte van ’n visie

Die Suid-Afrikaanse landbousektor het ’n kritieke tekort aan beleggings, regshulp en onafhanklike finansiële bystand. Boonop is daar onontginde beleggingsgeleenthede in die private-ekwiteit landbousektor wat die potensiaal het om baie winsgewend te wees indien dit goed bestuur word. Die drie stigters van Eridanus — Cobus Nel, Martin Janse van Vuuren en Nico van der Linde — het besef daar is ’n behoefte aan ’n maatskappy wat hierdie leemtes kan vul (en sodoende ‘n positiewe impak kan hê op die land se ekonomie en voedselsekuriteit) terwyl dit ook aanloklike finansiële opbregste aan beleggers kan lewer.

Eridanus se uitsonderlike missie

Eridanus is kenners in die landbou- asook finansiële sektor en passievol oor die potensiaal van ’n wedersyds voordelige samespel tussen dié twee entiteite. Hulle is dus perfek geposisioneer vir hul rol: om beleggingsgeleenthede in die boerderybedryf te identifiseer en om beleggingskapitaal van individue, maatskappye en trusts in Suid-Afrika te bekom. Die maatskappy verskaf beleggings aan kwalifiserende, volhoubare boerderye in ’n tyd waar landboufinansiering uiters beperk is, en dra dus by tot die land se voedselsekuriteit en die behoud van plattelandse gemeenskappe. Terselfdertyd word kapitaal met kundigheid belê om beleggers se opbrengs te optimaliseer. In kort, almal wen: beleggers, boerderygemeenskappe en enige landsburger wat moet eet.

Hoekom by Eridanus belê?

Eridanus bied blootstelling aan ’n private-ekwiteit landbouportefeulje wat andersins nie moontlik sou wees vir lede van die publiek, maatskappye of trusts nie. Hulle voorsien hulle beleggers van topverdienste ver bo die inflasiekoers, met opbrengste tussen 10.5% en 12.5% ná belasting. Hierdie opbrengste kan maandeliks uitbetaal word of opgehoop word in die belegging.

Daar is ook sekuriteit daarin om te belê in ’n sektor wat absoluut noodsaaklik is vir nasionale stabilitiet en dus altyd sal bly voortbestaan. Die landbousektor se vermoë om hoë opbrengste te lewer, word versterk deur Eridanus se strategiese beleggings in en bestuur van fyn uitgesoekte plase en voedselverskaffingsentiteite. Deur beheer te neem van die finansiële aktiwiteite binne hierdie entiteite, verseker en optimaliseer Eridanus die winsgewendheid vir sy beleggers.

Verder is Eridanus passievol oor etiese, kundige en voortreflike dienslewering. Hulle kommunikeer direk met hul gewaardeerde beleggers en is ook regstreeks betrokke by die entiteite waarin hulle belê, met uitgebreide ervaring in en ’n in-diepte kennis van die regs-, finansiële en praktiese funksionering van die boerderybedryf. Die bewys van hul uitnemende diens lê in die gereelde verwysings van tevrede kliënte.

Om alles te kroon, help beleggers om voedselsekuriteit in die land te verseker en om lewenskwaliteit in plattelandse gemeenskappe te verbeter.

Vennootskappe en spanwerk

Eridanus word nie bedryf in ’n vakuum nie. Die maatskappy werk saam met betroubare entiteite soos Saai, Afriforum, Farm Rescue, en verskeie ander besigheidsforums en boerdery-gekoppelde verenigings om verdienstelike boerderye en ondernemings met goeie etiese waardes te identifiseer en te ondersteun. Hierdie vennootskappe versterk die impak van Eridanus se werk en brei hul netwerk van ondersteuning uit.

Eridanus se sukses – tot almal se voordeel

Deur strategiese en etiese beleggings verseker Eridanus nie net winsgewende opbrengste vir sy beleggers nie, maar dra dit ook by tot die volhoubaarheid van plaaslike gemeenskappe en die algemene ekonomiese stabiliteit van die land. Deur hul werk en hul hart vir boerdery verseker hulle ’n sterker, veerkragtiger landbousektor en ’n beter toekoms vir almal wat daaraan deelneem.

Eridanus se benadering is ’n bewys dat finansiële sukses en sosiale verantwoordelikheid hand aan hand kan gaan. Met Eridanus aan jou sy kan jy seker wees dat jou belegging meer is as ’n blote finansiële transaksie om jou eie toekoms te bevoordeel — dit is ’n belegging in die toekoms van Suid-Afrika.

Kontak ons gerus op e-pos info@eridanus.co.za vir meer inligting as jy dit oorweeg om ’n bevredigende beleggingsreis in die landbousektor aan te pak.

Eridanus

Eridanus is a niche investment company that provides investment opportunities in the agricultural sector.

Quick links

About
Strategy
Invest
Media

© Copyright Eridanus VC1 Limited.

>